My gebed op die rowwe see

Die gebed het net uit my binneste gevloei gisteraand. Dalk kan dit vir jou ook iets beteken.

Here ek vra dat U nou weer diep in my hart sal klim en op die troon sal gaan sit. Here Jesus wees in beheer van my lewe lei my in eke tree wat ek vat, elke situasie wat ek moet hanteer, eke peptalk wat ek myself moet gee, wees daar en gee my die woorde, U helende lewendige woorde. U moed en U krag. U energie in my wanneer ek oorweldig voel en voel ek kan nie meer nie en net wil weghardloop, in daai oomblik vat my hand en herinner my wie het my tot hier gebring, en wie sal my verder dra.

Ek vertrou U met my toekoms, ek weet U laat dinge vir die beste uitwerk. U ken my tog en sekerlik weet U waartoe ek in staat is. Herinner my daaraan wanneer ek begin om te bewe en te wil backpaddle. Here help my ook om meer gedisiplineerd te wees met my tyd. Dat ek aan U sal gee wat U toekom. en dan nogsteeds daarna reg deur die dag bewus te wees van U in al my gedagtegange.

Ek het U lief, U het my nog baie meer lief! Ek wil U met meer oorgawe dien, vir my onthalwe en ook vir die wereld s’n. Al hierdie begeertes wat ek het is alleen moontlik deur U heilige gees in my wat my bekragtig, ek kan niks uit my eie doen nie.

Dankie dat U na my toe gekom het. Ek eer die dag wat ek U ontmoet het. Ek eer U, in my lewe, past, present en future. U is die spilpunt waarom alles draai. U is my middel, my core. U is my alles, my begin en my einde, my hoop en my vreugde my lang nag en kort dag my staan en my val, my uitreik en inkyk, U Here U maak alles moontlik en U vorm my soos klei in die hande van die pottebakker.

Wees my net genadig en bly by my. My liefde, my kroon en trots. My enigste wapen teen n koue en verbitterde wereld. My skild teen die vuurpyle van die vyand, my antwoord at all times. My wag in die donker nag. U vrede vul my nou, alles is weer soos wat dit moet wees, onder U gesag en onder U vlerk.

Amen

Advertisements

3 thoughts on “My gebed op die rowwe see

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s